Sun. Apr 5th, 2020

Quotes and Jokes

Afrikaanse grappe and English jokes

Wat ‘n skande!

1 min read

‘n Vrou kom skaam-skaam by die dokter aan.

Dokter: “Waarmee kan ek help, Mevrou?”

Vrou: ” ‘n By het my gesteek.”

Dokter: “Waar het die by u gesteek?”

Vrou: “Ek wil liewer nie sê nie.”

Dokter: “Maar ek kan u nie behandel as ek nie weet waar die by u gesteek het nie.”

Vrou: “Ek kan nie sê nie. Die skande is te groot. Niemand wat dit te hore kom, sal ooit weer met my wil vriende wees nie. O, ek wens ek was dood…”

Dokter (streng): “Mevrou, ons dokters kry elke dag met allerlei snaakse dinge te doen. Buitendien is ons gebind tot streng professionele etiket om geen besonderhede oor pasiënte bekend te maak nie.”

Vrou: “Belowe u om vir niemand te sê nie?”

Dokter: “Ja, ek belowe op my erewoord. Sê nou vir my waar het die by u gesteek.”

Vrou (skaam): “In die Spur.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Developed by:Virtual Website Design

Visit Us On FacebookVisit Us On TwitterVisit Us On Youtube