Wanneer gaan die gemors in ons land ophou?

Wanneer gaan die gemors in ons land ophou? Ons het vanoggend ‘n klagte ontvang uit Moot. Bure het gekla van ‘n agtjarige seuntjie wat heeloggend gil. Ons is met drie patrollie voertuie en ‘n maatskaplike werker na die adres. Daar aangekom was die deur gesluit. Ons kon daai kind se gille hoor.

Een van die vrouekonstabels het begin huil. Ons kon hoor hoe skreeu daai kind…”Daddy…moenie…hou op daddy…daddy ek wil nie…daddy hou op asseblief!!!…ek sal nie vir mammie sê nie…hou op…asseblief daddy moenie..iemand help! Asseblief!”
Die bure in die straat was kwaad en gewapen. Een ou skreeu: “Bring daai vark uit daai huis”.

Adjudant Offsier Sidney Cloete, was sooo kwaad..hy skop die deur oop en ons storm in. Die kind het steeds gegil en toe ons in die kamer kom, staan die pa met die seun en probeer al heeloggend om vir die kind ‘n blou bul trui aan te trek…die gemors!!!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *