Sun. Apr 5th, 2020

Quotes and Jokes

Afrikaanse grappe and English jokes

Somerklasse vir mans

2 min read

SOMERKLASSE VIR MANS: Registrasie sluit op 20 Agustus 2016!! Let wel: Weens die moeilikheidsgraad, word klasgroottes tot maksimum agt deelnemers beperk.

KLAS 1: Hoe om ysblokkiehouers vol te maak. Stap-vir-stap met ‘n skyfievertoning. Maandae en Woensdae, 19:00 tot 21:00 vir vier weke.

KLAS 2: Die rol toiletpapier – Ruil hy homself om? Ronde tafel bespreking. Saterdae 12:00 tot 14:00 vir twee weke.

KLAS 3: Is dit moontlik om te urineer deur die sitplek op te lig en die vloer, mure en bad te vermy? Groepoefening. Saterdae 10:00 tot 12:00 vir twee weke.

KLAS 4: Fundamentele verskille tussen die wasgoedmandjie en die vloer. Met foto-illustrasie en verklarende grafika. Saterdae 14:00 tot 16:00 vir drie weke.

KLAS 5: Aandete-skottelgoed – Kan hulle opstyg en self in die opwasbak beland? Video-voorbeelde ter illustrasie. Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 21:00 vir vier weke.

KLAS 6: Leer hoe om goed te vind deur op die regte plekke te kyk sonder om die huis om te keer en te skree. Oop forum. Maandae 20:00 tot 22:00.

KLAS 7: Hoekom dit nie sleg vir jou gesondheid is as jy vir haar blomme koop nie. Grafika en klankkasette. Drie aande: Maandag, Woensdag, Vrydag van 19:00 tot 21:00.

KLAS 8: Ware mans vra aanwysings as hulle verdwaal – Persoonlike getuienisse. Dinsdae om 18:00. Lokaal sal later aangewys word.

KLAS 9: Is dit geneties moontlik om stil te sit terwyl sy parallel parkeer? Bestuursimulasies. Saterdae 12:00 tot 14:00 vir vier weke.

KLAS 10: Hoe om die ideale Inkopie-gesel te wees. Ontspanningsoefeninge, meditasie en asemhalingsoefeninge. Ontmoet Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 21:00 vir vier weke.

KLAS 11: Hoe om serebrale atropofie teen te werk – Onthou verjaarsdae, huweliksherdenkings en ander belangrike datums. Sluit in: Hoe om te bel as jy laat is, Serebrale skokterapiesess ies en volle lobotomiee in. Drie aande: Maandae, Woensdae donderdae 19:00 tot 21.00

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Developed by:Virtual Website Design

Visit Us On FacebookVisit Us On TwitterVisit Us On Youtube