Wed. Dec 2nd, 2020

Quotes and Jokes

Afrikaanse grappe and English jokes

My sexy buurman

2 min read

Gistermiddag is ek besig in die tuin toe my sexy buurman my nader roep. Eerste wat ek raaksien is daai lyf – manne marak!

Ek kry ‘n pose soos n skoupou en kom soos ‘n skouperd met so flinke drafstappie na die omheining aangetrippel-galop, tot by hom…. Slaan ‘n houding in wat Miss Universe soos n Apie laat lyk.

Ek strek toe mos die hand na hom uit want ‘n dame wil mos nou ‘n goeie indruk maak…..
maak ek toe een foutjie…. ek vat die elektriese heinig vas!

Groote bliksem!!!

Die ding skop my so hard, dit voel of my twee bene elk in sy eie rigting begin loop!

Ek sien wit voor my – my een kontak lens pop uit en lyk soos n pannekoek wat ge flip word. Die ander lens krimp so en gaan plak sommer hier bo my oog vas.

My tanne klap opmekaar en ek lyk of ek erge koue koors het…weg is my nuwe stopsel!!

My kleintongetjie slaan gat-oor-kop en duik in my keelgat af, by my twee nuwe mangels verby, en my tong loop plak aan my verhemelte vas, want my spoeg het opgedroog.

In my agterkop speel die liedjie “Brick in the wall”.

Ek sien ‘n Chinese vuurwerk vertoning van ‘n ander aard voor my oë afspeel. My twee oë kyk in alle rigtings en vaagweg sien ek 4 buurmanne?

Ek slaan met soveel geweld opi grond neer, lyk of Bigshow my ge-choke-slam het en toe ek probeer opstaan, doen ek splits beter as enige olimpiese gimnas!!

Die gil wat uit my huigende keelgat by my kleintongetjie verbykom, laat my klink soos ‘n plotvrou wat 8 biere in het.

Toe ek uit eindelik, swetend en huigend stil lê, hoor ek hom sê ” Hi, ek wil gou by jou hoor of hierdie elektriese heining ooit nog werk? ”

Donner, is die man dan blind!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright © All rights reserved. | Newsphere by AF themes.

Developed by:Virtual Website Design

Visit Us On FacebookVisit Us On TwitterVisit Us On Youtube