Mon. Dec 9th, 2019

Quotes and Jokes

Afrikaanse grappe and English jokes

Lekker gekuier!!

1 min read

LAIRG, UNITED KINGDOM - AUGUST 17: Farmers gather at Lairg auction for the great sale of lambs on August 17, 2010 in Lairg, Scotland. Lairg market hosts the annual lamb sale, which is the biggest one-day livestock market in Europe, when sheep from all over the north of Scotland are bought and sold. Concerns over the future of sheep farming in the Highlands of Scotland have been raised despite sellers getting a good price for lambs at Lairg. (Photo by Jeff J Mitchell/Getty Images)

Kom die twee ouens uit die bar uit toe die bar toemaak.
Sê die een; “Kom ons gaan na my huis, ek het daar nog twee biere in die yskas.“
Die ander een stem in en hier slinger die twee die straat af. Eerste straat regs en die volgende een weer links en weer regs.
Toe sê die eerste ou; “Jy sien hierdie straat, dis my straat.“
En hulle kom by sy huis aan en hy sê; “Jy sien hierdie huis, dis my huis.“
Hy sluit die huis oop en hulle stap in die huis in en hy sê; “Jy sien hierdie sitkamer, dis my sitkamer. Jy sien daardie TV, dis my TV en daardie stoel voor die TV, dis my stoel.“
Hulle stap die gang af en hy maak die slaapkamerdeur oop en sê; “ Jy sien die slaapkamer, dis my slaapkamer. Jy sien die vrou in die bed, dis my vrou en jy sien die ou langs haar in die bed, dis ek.“
Hulle stap verder kombuis toe en sy pêl sê;
“Die ou langs jou vrou is nie jy nie.“
En hy sê; “Sjuut, hou jou bek, moet hom nie wakker maak nie, ons het net twee biere.“

2 thoughts on “Lekker gekuier!!

  1. More ek trou saterdag en soek paar kort lekker lag grappies om te vertel. Kan jul help asb.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Developed by:Virtual Website Design

Visit Us On FacebookVisit Us On TwitterVisit Us On Youtube