Koos dink hy het ‘n lintwurm

Koos stap eendag by sy dokter se kantoor in en kla dat hy dink dat hy dalk ‘n lintwurm het. Die dokter het hom deeglik ondersoek en ewe deeglik saamgestem.

Dokter: “Ek wil hê jy moet môre terugkom om jou behandeling te begin, en ek wil hê jy moet vir my ‘n piesang en ‘n koekie saambring.”

Koos is effens verward, maar doen maar wat die dokter sê. Die volgende dag is hy terug met sy piesang en sy koekie.

Dokter: “Uitstekend, trek nou asseblief jou broek uit en buk vooroor. Dit gaan niks seermaak nie.”

Nou ja, wat kan hy doen? Hy trek sy broek af, buk vooroor en die dokter druk  die piesang in waar dit eintlik nie hoort nie. Hy wag ‘n minuut – presies 60 sekonde later volg die koekie die pad van die piesang.

Dokter: “Nou ja, dit was die eerste deel van jou behandeling. As jy wil hê dit moet regtig werk, kom môre terug met nog ‘n piesang en nog ‘n koekie.”

Arme Koos is daar weg met trane van pyn en vernedering in sy oë, maar die volgende dag is hy terug; piesang, koekie en al.

Presies dieselfde gebeur op dag twee, dag drie én dag vier . . . Eers die piesang, dan die koekie. En so gaan dit vir ‘n hele week lank aan.

Dokter: “Veels geluk, môre is jou heel laaste behandeling. Ek wil graag hê jy moet ‘n piesang en ‘n hamer saambring.” Koos (bang verby; wil nie eens dink waarvoor die hamer is nie): “Nie ‘n koekie nie?”

Dokter: “Nee, ‘n hamer.”

Die volgende dag is Koos terug – met sy piesang en sy hamer.
Dokter: “Nou ja, meneer Van der Merwe, jy ken nou al die roetine. Broek uit, buk af . . .”

Die dokter druk die piesang op, kyk op sy horlosie en tel die hamer op. Een minuut gaan verby. Twee minute gaan verby. Drie minute. En uiteindelik na vier minute duik ‘n klein koppie uit Koos se agterstewe op en skree:

“Waar’s my f…….. koekie?”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *