Hansie kom in die hemel

Hansie kom in die hemel en Johannes die Doper gee die ou so vinnige toer deur die plek. Hansie sien dat die hele plek vol muurhorlosie hang wat verkillende tye gee en vra uit daaroor. “Ons het ‘n klok vir elke persoon op aarde” sê Johannes, “en elke keer as iemand lieg, skuif die lang arm een minuut aan.

Soos jy kan sien is Moeder Theresa s’n vol stof en het nog niks beweeg nie. Diana s’n het nog net twee keer beweeg, wat beteken sy het nog net twee keer in haar lewe gelieg het.” Hansie frons: “So waar is ons president se klok?” Johannes beduie na die agterkant toe: “Hy is daar in die duiwel se kantoor. Hy gebruik dit vir ‘n dakwaaier.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *