Ek is bevrees u het hondsdolheid

Dokter aan pasient: “Meneer, ek’s bevrees, ek het baie slegte nuus vir u!”
Die man sak met ‘n luide plons op die stoel neer en vra benoud:”Wat makeer my, Dokter, is dit so erg?”
Dokter :“U het hondsdolheid, Meneer, wat al in ‘n akute stadium is, medies gesproke kan ons niks vir u doen nie!

U het slegs ‘n paar weke, hoogstens ‘n maand om te leef!”
Toe die tyding eindelik by die man indring, trek hy die Dokter se notaboek en pen nader en begin skryf!

Dokter verbaas: “Maak u nou u testament op?”
Man kalm:“Nee, Dokter, ek maak ‘n lysie van die MENSE WAT EK WIL BYT!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *