Brakpanner het ‘n goeie werk gekry

‘n Brakpanner se ma is al keelvol vir hom wat nog nie getroud is nie en boonop nog by haar woon.
Sy steek hom toe eendag in die pad. Gelukkig kry hy werk op ‘n perske plaas. Al wat hy moet doen is, is in die boom klim en die heeltyd die takke skud sodat die perskes afval. Van opgewondenheid bel hy sy ma.
Brakpanner: “Ma ek het ‘n baie goeie werk gekry.”
Ma: “Watter soort werk,seun?”
Brakpanner: “Ma, ek is takbestuurder op ‘n perske plaas!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *