Mon. Dec 9th, 2019

Quotes and Jokes

Afrikaanse grappe and English jokes

Afrikaans bly maar die beste taal ooit!

2 min read

Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!

Ek is nou so lui my hol hang oop!

Hy is so maer, hy lyk soos ‘n potlood met ‘n handbriek.

Ek is nou so opgewonde soos ‘n budgie op steroids!

Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!

Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Hy ìs so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!

Hy is so skelm, hy bid onder ‘n skuilnaam

Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks

Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.

Lang gesig soos ‘n bok wat afdraand vreet.

Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie..

Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.

Ek is nou so lui ek trou sommer ‘n pregnant vrou.

Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het.

Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.

Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer ‘n pofadder oopbek.

My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap.

Arende vlieg dalk hoog, maar muishonde word nooit deur ‘n vliegtuigmotor ingesuig nie.

Die mens is op aarde geplaas om ‘n sekere hoeveelheid werk te doen,
op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.

Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.

Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.

Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Developed by:Virtual Website Design

Visit Us On FacebookVisit Us On TwitterVisit Us On Youtube